Dag 11 Lusaka tot Mukusi Zambia

Na ons deur Lusaka geworstel het – hulle het 3 amptelike bane in , en langs dit deur die modderpoele n vierde baan- ry ons op n goeie pad met die vrugbaarste plase. Zambia is grasgroen, orals langs die pad staan die plaaslike bevolking met van die mooiste tamaties, butternuts, aartappels, vars hoenders? ens. Dit is nie nodig om Woolies saam te ry nie. Met die hoenders het hulle lankal n plan gemaak om dit vars te hou.Hulle hou dit lewendig , hang aan hul pote en wanneer dit tyd is vir ete, dan eers slag hulle dit! Ons het darem nog nie daardie punt bereik nie.

Slaap by Forrest Inn, Mukusi – hier kry jy vlieende eekhorings.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand