Dag 12 Mukusi tot Kasanka Nas.Park Zambia

Kasanka is langs die DRC – Kongo – dit is n paradys – Dit is deel van die Bangweulu swamps Ons kamp op die walle van die Kasanka rivier en sien die skaars Sititunga bok – dit kom net hier en in die Okavango swamps voor -dit het lang hoewe tot 18 cm lank om deur die vleilande te loop.Soos tot dusver is ons die enigste kampers, dit is salig om alleen in die veld te kamp met net die natuur geluide. Dis volmaan in die veld. Verlang na die kinders want waar hulle of ons ook in die wereld is, volmaan dink ons aan mekaar – bietjie met die maan gepla.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand