Lake Tanganyika – ‘n naam wat deel is van die mistieke wereld wat Sangiro en PJ Schoeman beskrywe het van veraf plekke in Oos Afrika. Met n kuslyn van 3000 km en n diepte van 1,5 km is dit die diepste meer in die Afrika skeurvallei op 750 m bo seevlak.Ons het oor n 1000 m gedaal tot by die meer.Die humuniteit is baie hoog, dis warm en die mozzies is baie.Ons is nou 8 grade suid en beweeg al hoe meer op in Afrika.
Ons bly by Nkupi lodge, die enigste plekkie. Mpulungu , wat maar n hawe dorpie is met geen toerisme plekke nie.Maar hier kry jy die eerste keer die Oos Afrika gevoel
Hallo julle. Klink so opwindend . Alles gaan goed by die huis. Geniet julle!!