Dag 16 Mpulungu tot Mbeya Tanzania

480 km in 13 ure. Die dag begin 8 uur, af na die hawe, wag vir die doeanebeampte wat die gemeenskap al die vorige aand in kennis gestel het ons is in die dorp. Hy stempel die carne, dan 80 km verder na Mbala waar ons binne in n Vrouedag optog beland.Die immigrasie kantore is toe, twee polisiemanne val uit die optog en kom help ons. Hulle bel die beampte wat die paspoorte kom stempel. Toe verder na die grenspos van Tanzania, maar die Zambia beampte is in die kerk. Weer n local wat help bel en rukkie later is ons deur.

Ry n wonderlike grondpaadjie deur na Tanzania tot by Mbeya – die pad is sleg maar omgewing baie mooi. Ons beland weereens binne in n plaaslike mark, duisende mense, kleurvol met allerande Afrika waarde soos lappe, produkte ens, Druk maar met die bakkies se neuse vir ons n paadjie deur almal. As ons stop wil hulle net kom bladskud, hallo, how are you en dan die hele ritueel. Kom donker by Tunduma waar die paaie bymekaar kom en kruis met die hoofpad tussen Lusaka en Dar es Salaam. Die Tuk tuks jaag rond sonder ligte, gelaai met passasiers. Ry met n slakkepas tot by Utengile coffee farm, waar ons voos en moeg die beste koffie drink en omval en slaap.

We drive 480 km in 13 hours. Our day started at 08:00. We go down to the harbour where we wait for the customs officials who was informed of our presence in the village the previous evening. He stamps the carne, and then we set off to Mbala, 80 km further, where we encounter a Womens Day march. The immigration offices are closed, two policemen leave the parade and help us. They phone the official in charge of stamping the passports.

From here we proceed to the border post of Tanzania, but the Zambian official is in church. Again a local helps to phone around and a little while later we are through.

We drive down a wonderful little dirt road through to Tanzania up to Mbeya ? the road is bad, but the environment is very beautiful. We find ourselves in another local market, thousands of people, colourful with various African merchandise, etc. We drive through the throngs of people and just push through the people with the nose of the bakkie.

As soon as we stop, people just want to come and greet you, shake your hand and ask you how you are doing – a whole ritual.

It is already dark when we reach Tunduma where the roads converge and cross the main road between Lusaka and Dar es Salaam. The Tuk-tuks speed around without lights, loaded with passengers.

We drive at a snails pace to the Utengule Coffee Lodge, where we wearily drink the best coffee and fall over and pass out from sheer exhaustion.

 


4 thoughts on “Dag 16 Mpulungu tot Mbeya Tanzania”

  1. Hi almal…..ons so bly als loop mooi en die mense goed vir julle….! Posts awesome…ons reis heerlik saam…..dink aan julle

  2. Julle reis klink heerlik en voorspoedig! Ons volg binnekort in jul voetspore. Kobus, waar/deur wie het jy versekering vir noord van die ewenaar vir jou voertuig vir die hele trip gekry?

  3. Bly dit gaan goed.Dink aan julle.Dink julle is vreeslik braaf.Bewonder julle!Stuur baie liefde . Julle kom al hoe nader aan onsbis ‘n lekker gedagte.

  4. Lekker om te hoor dat die wyse-manne van die Kaap en is ek bly dat julle nog nie die pad byster geraak het nie. Geniet maar die Afrika-son, die vriendelike mense en natuurskoon. Dalk oortuig julle ons om self die pad te vat tot by Tanzanie. Verder noord het julle net gebed nodig. Sterkte

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand