Dag 42 Fort Portal tot Nyl Uganda

Vertek donker oggend- vandag is dit ‘n harde trek tot by Lake Albert waar die Nyl wat vanaf Lake Victoria in Lake Albert vloei. Ons ry ‘n nat modderige rooi grondpad vir die heeldag. Dis goeie Vrydag, en sover soos ons ry stap duisende mense met kruise om Christus se kruisiging te herdenk. Hulle sit in groot groepe en bid, letterlik in die pad sodat ons moet stop. Elkeen met sy kruis, van kleintjies tot die oues. Laat mens dink. Laat middag sien ons Lake Albert. Ons is nou ver op in Uganda, dis nader aan Suid Sudan as waarvan ons die oggend vertrek het. Toe deur ‘n swamps area, die smal modder pad is ‘n enkel opgeboude pad deur die swamps, soms is die water langs ons meer hoog as die pad, net ‘n wal wat keer. Ons speel chicken met die local voertuie maar verloor elke slag. Dan beland ons in die moddersloot en gly omtrent ‘n kilometer dwars totdat die wiele weer vasstrapplek kry. Ons sien die Nyl vir die eerste keer, wat ‘n oomblik. Die Nyl gaan met ons bly vir die res van die trip. 10 ure later slaan ons kamp op by Murchison River lodge op die walle van die Nyl wat bestuur word deur twee Suid Afrikaners, Chris en Astrid Haas. Hulle ontvang ons vriendelik en gee baie advies oor die paaie vorentoe.

We leave in the dark ? today will be a long haul to Lake Albert where the Nile flows from Lake Victoria into Lake Albert. The whole day we drive on a wet, muddy red clay road. It is Good Friday and wherever we go we see thousands of people walking with crosses to commemorate Jesus crucifixion. They sit in big groups and pray, literally in the road. We have to stop. Everyone walks with a cross ? from small children to the elderly.

It makes you think.

We see Lake Albert late the afternoon. We are deep into Uganda, closer to South Sudan than when we set out this morning. We cross a marshy/swamp area, on the narrow, built-up, single-lane dirt road. At times the water next to road is higher than the road with only a bank between us and the water. We play chicken with the local vehicles, but lose every time. We land up in a muddy ditch and slip and slide for about a kilometer before the vehicles get some traction.

We see the Nile for the first time. What an experience! The Nile will be our constant companion for the remainder of our trip.

10 hours later we set up camp at the Murchison River Lodge on the banks of the Nile. This lodge is under the management of two South Africans, Chris and Astrid Haas. They give us a warm reception and give lots of valuable advice on the road ahead.

 


One thought on “Dag 42 Fort Portal tot Nyl Uganda”

  1. Reis lyk ongelooflik interessant. Wat ‘n avontuur en belewenis !!
    Liefde en voorspoed , Gordon , Reini , Mel en Vani .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand