Dag 43 Nyl by Murchison falls

Na die kwaai ry die vorige dag, hang ons die heeldag by die lodge langs die Nyl rivier, swem, was klere, mans se hare word geknip, (Carlatjie jou job is in gevaar!), pak bakkies reg en allerande herstel werkies. Ons het sulke klein charcoal stofies gekoop by die locals, jy sit net n paar kole in dan kan jy klomp kos gaar maak daarop. So spaar ons baie gas vir die woestyn gedeeltes wat voorle. Ons batterye word gelaai deur solar panele en water vir kook en was vul ons aan by betroubare bronne soos boorgate. Ons kook dit in elkgeval weer, Drinkwater en tande borsel water koop ons filter water wat tot dusver beskikbaar was. Verder vul ons die kosvoorrade aan deur die pragtigste groente en vrugte by die locals se padstalletjies te koop. If you can’t peel it, cook it. Die vrouens koop graag Cipatis by die locals wat dit sommer langs die pad gaarmaak, lyk soos ‘n rootie. Dan vul ons dit met allerande goed. Bier koop ons elke land se favourite. Wyn is sleg, nogal van bekende Bolandse kelders. As ons terug is wil ek ‘n paar van hul bemarkers nooi en kyk of hulle dit in hulle kele kan afgooi. Pure perrepis. Goudgeel Grand Cru/Dry white.

After the previous days rough driving, we hang around and relax at the lodge next to the Nile. We swim, do laundry, the men get a haircut (Carla, your job is in danger!), the bakkies are tidied up and various repairs are done. We buy small charcoal stoves from the locals: put a few coals inside it to cook your food. In this way we save a lot of gas for the stretches of desert which lies ahead. Our batteries are powered by solar panels and we stock up on water for cooking and washing from reliable water sources like boreholes. This we boil again in any case.

Up to now we have been able to buy water to drink and for brushing teeth. We add to our food supplies by stopping at road-side stalls manned by locals who sell the most beautiful fruit and vegetables. As they say If you cant peel it, cook it.

The ladies like to buy chapatis, a flatbread which resembles a rootie. The locals prepare these next to the road and we stuff it with various fillings.

In each country we buy the local favourite beer. The wine is terrible; some well-known cellars in Boland. As soon as we are back home, I plan to invite a few of their marketers to see if they can will be able to stomach it: undiluted Clausena anisata [horse-urine] – bright yellow Grand Cru/Dry White.


One thought on “Dag 43 Nyl by Murchison falls”

  1. Dankie vir gereelde terugvoer, dit gee n lekker beeld wat julle beleef en terselfdertyd leer ons baie van die geskiedenis en Afrika! Geniet dit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand