Dag 48 Eldoret na Nyahururu Kenya

Hierdie oud Vrystaters wil nou wegkom van die lorries, ons soek vlaktes en oop horisone en draai weg na Nyahururu hoog bo in die berge. Ons gaan heen en weer drie maal deur die ewenaar. Die pad is vrot – slaggate – hoop die bande en toerusting hou. Ons moes alreeds ‘n dakrak se brackets wat afgebreek het laat sweis. Op hierdie paaie word toerusting getoets. Kamp by Thomson falls lodge en waterval. Langs ‘n meisie koshuis – hulle gil en jil nou al vir ure. Hoop hulle gaan slaap een of ander tyd. Dis koud bo in die berg. Hier naby oefen al Kenya se olimpiese atlete – dis die ouens wat die wereldrekorde hou vir die lang afstande. Baie jong ouens draf, sulke lang dun outjies, jy kan sien hulle is geinspireer deur die olimpiese rekordhouers.

These ex-Free Staters now want to escape the trucks. We are looking for open spaces and horizons and take the road to Nyahururu high in the mountains. We cross the Equator three times.

The road is terrible ? full of pot-holes ? I hope the tyres and the equipment will survive this. We already had to have one of the brackets of a roof-rack welded. On these roads, equipment undergoes endurance testing.

We camp at Thomson Falls Lodge and Waterfall next to a girls residence. They have been yelling and screaming for hours already. I really hope that they will go to bed at some stage. It is cold so high in the mountain. All of the Kenyan Olympic athletes train nearby. These are the holders of long-distance world records. Many of the young men are runners ? tall, skinny chaps, obviously inspired by the Olympic record holders.


4 thoughts on “Dag 48 Eldoret na Nyahururu Kenya”

  1. As Kobus noual van die Vrystaat begin praat dan koop julle netnou ‘n stuk grond om ‘n mielieplaas instede van ‘n tee-plantasie te begin. Charl onthou die losloop donkies wat langs die kar hardloop en somtyds die veld in wanneer die sweep klap. Mense voorspoed verder, ons sien uit na die res van die avontuur.

  2. Mooi julle!! dankie vir die vertellings – so toer ons saam….! als wel hier langsaan – Tasha mis net vir Oreo en Luca!! NJOY!!!Voorspoed vir die laaste helfte! :)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand