Dag 51 Marsabit tot Moyale Ethiopia

Susan verjaar, ‘n grootte! Shame, om in die middel van ‘n vulkaniese woestyn te verjaar op die grens van Kenya en Ethiopia, ver van familie is genoeg om jou na trane te dryf.

Ons vat die pad Ethiopia toe, 4, 5 ure op ‘n pragtige teerpad, en dit waar overlanders destyds ‘n heeldag deur gesukkel het en bande afgeskryf het. Die Kenya grenspos was maklik, maar dis waar die honeymoon eindig, Ethopia het ‘n maand lank gevas weens hulle heilige dae en dis hulle eerste dag van eet en drink. Die ander overlanders sit toe al 4 ure en wag. Die immigrasie ou kom en doen sy ding, maar Meneer Customs bly weg. Deel van die overlanders is gelukkig ‘n Hollandse sakeman wat in Ethopia ‘n groot besigheid het en ‘n paar oproepe na die grootbaas en na so drie ure stap ons daar weg – Ons is in Ethopia! Dit voel onwerklik. Dinge is dadelik anders, dis Noord Afrika met sy Arabiese invloed. Die vrouens is baie mooi en trek kleurvol aan. Die mans se kieste staan bol van die Khat kou, so plantjie wat hulle kou en hulle lyk gerook met sulke dowwe oe. Daar is nie kampplek nie en ons boek by die Koket hotel in vir R200 die nag. Dis maar erg, ‘n blik Doom dood die eerste linie muskiete en die badkamer ruik soos n rioolplaas. Maar in die tuin gaan dit jolig, die locals het hulle uitgevat en sit en kuier. Ons kuier lekker saam met die ander overlanders en die Hollandse vriend reel dadelik n tipiese Ethopiese dis. Njerna wat uit tef gemaak word, amper soos ‘n pannekoek, stukkies boerbok en groente en sulke warm rooi sous. Ons eet met die hande, nadat ons dit eers moet was voor almal. Op die ou einde kuier ons ‘n hond uit ‘n bos en vier Susan se verjaardag en maak haar dag van tussen woestyn en grensposte darem bietjie meer spesiaal.

Today is Susans birthday, a big one! Shame, to celebrate your birthday in the middle of a volcanic desert on the border between Kenya en Ethiopia, far away from family is enough to drive you to tears.

We set off en route to Ethiopia; Four, five hours of travelling on a smooth tar road, the same road where overlanders previously used to have to slog all day to get through, writing off tyres in the process. The Kenyan border post was easy to pass, but that is where the honeymoon ended: Ethiopia had been fasting for a month because of their holy days and this was their first day of eating and drinking. At that stage the other overlanders have already been waiting for 4 hours. The immigration guy arrives to do his thing, but Mr Customs shines in his absence.

Fortunately one of the overlanders is a businessman from Holland who owns a major business in Ethiopia, and after a few phone calls to the big boss and about three hours, we walk away, problem solved. We are in Ethopia! It feels surreal.

Immediately things are different: this is North Africa with its Arabian influence. The women are very beautiful and dress in bold colours. The men stand with cheeks that look like pouches full of Khat, a small chewable plant which leaves the person looking stoned with dull eyes.

There is nowhere to camp and we book in at the Koket Hotel at R200 for the night. It is rough, a can Doom kills the first mosquito line of attack and the bathroom smells like a sewerage yard. In the garden, life is jolly. The locals are dressed up and sit around socializing.

We join in the fun and enjoy the evening with the other overlanders. The buddy from Holland organizes an Ethiopian meal.

Injera, a type of pancake, is made of teff grain and pieces of goat with a warm red sauce. We eat with our hands, after having washed it where everyone can see.

We end up partying up a storm and so we celebrate Susans birthday and make her day of desert and border posts a little bit more special.

 


One thought on “Dag 51 Marsabit tot Moyale Ethiopia”

  1. Met bedrywige paar dae mis ek toe di eerste sien
    van die Nyl
    en jul aankoms in Ethiopia….wel gedaan…
    so bly als voorspoedig…geniet regtig di saamreis….
    en lees soos digkuns
    (nie geweet mnr P het dit in hom nie…!!).
    Susan baie geluk met die verjaardag wat verby is…
    wat ‘n manier om die lewe te vier…!
    Jy ken my nie maar ek kom al baie jare as kollega samet
    die twee knorpotte ( nee eintlik net een knorpot…raai raai..)
    Geniet en koester en kyk mooi na mekaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand