Dag 58 Addis Ababa na Dessi Ethiopia

Ons ry van Addis na Dessi oppad na Lalibela. Addis is aan die ontwikkel, hulle bou ‘n vervoerstelsel wat van wereldklas is, ‘n tipe tremstelsel wat in die middel van die stad loop. Noord van Addis is dit ‘n ander wereld as suid. Daar is meer goeie veld en landerye en die mense bly in netjiese huise gemaak van bloekomlatte en modder. Niemand bedel meer nie en die pad is mooi. Ons ry berge uit wat meer as 3000m bo seespieel is en baie steil passe. As jy deur die dorpies ry ruik jy net wierook soos hulle besig is met hul koffie seremonie. Dit voel later soos in die Ou Testament se tyd, mans met hul kopdoeke, bokbaardjies en donkies of kamele. Ons is nou in ‘n ander deel van Afrika wat nie dieselfde is as meer suid nie. Baie sterk Arabiese invloed. Hulle verstaan nie as ons Engels praat nie, en ons moet maar gebare maak en prentjies teken. Jy kan nie kamp in Ethiopie nie en ons boek in by die Time hotel in Dessi na ons 8ure aan amper 400km gery het. Gelukkig is alles baie goedkoop, ons kry 2 Birr vir n Rand.

We drive from Addis to Dessi on the way to Lalibela. Addis is developing; they are building a world-class transport system, a type of tramway which runs through the centre of the city. North of Addis is a different world to the south of the city. Here the fields and crops are greener and people live in neat homes built from branches of blue gum trees and mud. There are no more beggars and the roads are well-built. We drive up very steep mountain passes and at times rise to more than 3000m above sea level.

Whilst driving through the villages, you are welcomed by the aroma of incense where the coffee ceremony is being performed. It gives the sense of being in the time of the Old Testament ? men with head-scarfs, goatees and donkeys or camels.

We are now a part of Africa which differs from the more southern regions. Here the Arabian influence is a strong. They do not understand when we speak English and to communicate we have to resort to a type of sign language and drawing pictures.

One does not camp in Ethiopia and we book in at the Time Hotel in Dessi after driving 400km for nearly 8 hours. Fortunately everything is very cheap and we get 2 Birr for R1.


One thought on “Dag 58 Addis Ababa na Dessi Ethiopia”

  1. Hi Santjie hoop dit gaan nog goed, stuur vir my weer jou email adres en gee vir my ‘n luitjie as julle weer syn het asb.

Leave a Reply to Jannie Lordan Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand