Dag 61 Lalibela tot Bahirdar, Lake Tana Ethiopia

Ry 100 km terug tot die ‘Chinese road’ wat Woldia en Lake Tana verbind. Die Chinese bou ‘n pad tussen die berge na Lalibela, maar dit gaan nog jare duur voor dit klaar is en is net een stuk sinkplaat. Ons kort paadjie was beter as jy van Woldia af kom. Die Chinese road is ‘n goeie teerpad en ruik na Bloekomboom, orals is die locals besig om plantasie bome te saag, sommer in die pad, dit is die enigste gelyk plek tussen al die baie hoe berge. Jy kan nie glo watter harde handewerk die mense doen nie. Hulle sit teen die steil berghange en kap klip in bloedige hitte. Lake Tana is die grootste meer in Ethiopia en die bron van die blou Nyl by Bahirdar. In Khartoum kom die Victoria Nyl wat uit Lake Victoria vloei en die Blue Nile bymekaar. Ons weet nie eintlik waar om te gaan slaap nie en volg maar ons ou benadering. Ry die dorp in, stop, dadelik maak n paar ‘agente’ kontak, ons moet maar oordeel of hulle skelms is of nie, spring in ‘n Tuk Tuk, kyk ‘n paar plekke, bargain skaamteloos en siedaar ons het slaapplek.

We drive 100 km back to the Chinese road which links Woldia to Lake Tana. The Chinese are constructing a road through the mountains to Lalibela, but it will take years before construction is completed and currently it is just like one piece of corrugated clay. The condition of our short road improves when you leave Woldia.

The Chinese road is a decent tarred road which smells of Eucalyptus trees. Next to the road the locals are felling trees, even in the road, because that is the only place level enough due to the surrounding terrain being very high and steep mountainous area.

It is difficult to understand the hard manual labour that these people perform. They sit against the steep inclines and break rock in the scorching sun.

Lake Tana is the largest lake in Ethiopia and the source of the Blue Nile at Bahirdar. In Khartoum the Victoria Nile, which flows from Lake Victoria, flows into the Blue Nile.

We do not really know where to sleep and we approach the situation in our usual manner: we drive into town; stop and immediately make contact with a few agents – we have to use our judgment whether they are trustworthy or not – ?jump in a tuk-tuk, visit a few places, bargain shamelessly and – voila! we have a place to sleep.


2 thoughts on “Dag 61 Lalibela tot Bahirdar, Lake Tana Ethiopia”

  1. More Julle almal,
    Hoop dit gaan goed met julle?
    Ek mis jou sms’e, Sanna! Kry jy myne.
    Hoop julle het ‘n “ball”!
    Hoeveel langer nog – verlang!
    Wees veilig en geniet elke oomblik!

  2. Hallo almal!! Hoop dit gaan goed met julle?
    Ek toer lekker saam !!
    Geniet die laaste paar dae.
    Liefde groete
    Riana

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand