Dag 64 Sudan Lake Tana tot anderkant Gedaref

Vetrek na Sudan. Dit is ‘n jammer om Ethiopie te verlaat, dis nie ‘n land wat jy onaangeraak verlaat nie en was beslis ‘n hoogtepunt. Van die groen Omo vallei met sy tribes tot bo in die hooglande met sy hoe berge en dale. Die Sudan grenspos was ‘n plesier, die Immigrasie hoof nooi ons eers vir Sudan koffie en ons is gou gou in Sudan. Onmiddelik is daar weer n verskil, weg is die bedelende kindertjies, die pad is vol sulke ou lorries waarvan die kajuit oopgesny is en bo-op die dak sit ‘n horde met hul Tulbande. Die polisie checkpoints stop ons aanmekaar, hulle kan maar net nie verstaan dat daar wit mense in Suid Afrika is nie, maar almal is vriendelik. Die son begin sak en ons moet ‘n boskamp maak. Ons draai af van die pad, ry tussen ‘n trop kamele deur en kry ‘n lekker plekkie agter ‘n koppie. Dit is 42 grade en daar waai ‘n warm woestyn wind. Ons bosstort (ketel oor kop) in die maanlig en kyk na die sterre. Dit word ‘n lang nag.

We set out for Sudan. It is sad to leave Ethiopia, because this is a land which does not leave you untouched, and it was an absolute highlight!

From the lush green Omo Valley with its tribes to the highlands with its magnificent high mountains and valleys. The Sudanese border post was a pleasure, the Immigration Chief invited us to enjoy a cup of Sudanese coffee first and then we enter Sudan without hassle.

The change is immediate: gone are the begging kids, the road is full of old lorries: the cabin is cut open and on the roof there is a horde of people with turbans. We are constantly stopped at police check-points: they cannot understand that there are white people in South Africa, but everybody is friendly.

The sun is setting and we need to set up camp in the bush. We turn off the road, drive through a herd of camels and find a nice, cosy spot behind a hill. It is 42C and a warm desert wind is blowing.

We enjoy a bush-shower [kettle held over the head] in the moonlight and watch the stars.

It turns into a long night.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand