Dag 68 Wadi Halfa Sudan na Abu Simbel Egipte

Die dag wat seker die grootste uitdaging moes wees breek aan – om van Sudan in Egipte in te gaan, dit het overlanders al weke besig gehou. Vergeet om dit alleen te doen, ons gebruik twee agente Mazar Mahir in Sudan en Kamal Muawad in Egipte, hulle is baas op die plaas en die paar dollars moeite werd. Voorheen moes jy ferry ry vir 18 uur tussen Wadi Halfa en Aswan, maar die grens is nou oop en jy gaan net oor die Nyl na Adu Simbel met ‘n ferry en dan ry jy landlangs na Aswan. Die geluk is aan ons kant, more is dit die amptelike opening van die roete en ministers en hooggeplaastes kom vir die opening. Hulle sluit die hekke agter ons, begin stoele aandra en begin markies tente opslaan. Toe daag die manne op met hul luukse Land Cruisers, stywe bene en pakke en almal begin hol. Hulle gee ons een kyk, skree ‘n paar bevele en daar gaan ons. Ons is deur Egipte in 2 uur 10 minute, sekerlik ‘n rekord.

Dit is ‘n emosionele oomblik, die tiende en finale land op ons reis – ons is amper by ons doelwit.

Ons boek in by die Nubian Guesthouse in Abu Simbel. Ons overland vriende Nick en Gillian Waterson van Oos Londen wat ‘n paar dae voor ons op reis is na Cyprus na hul seiljag vanwaar hulle dan verder wil vaar om die wereld het gereel vir koue biere wat ons inwag. Hulle was goud werd en soos ons gereis het het hulle ge-sms om te se watter pad om te ry, waar om te bly, wanneer grensposte oop is, ens. Overlanders is afhanklik van mekaar en dis net wanneer jy so alleen reis in verre vreemde lande dan besef jy wat dit beteken.

The day to cross from Sudan into Egypt arrived. This was our much-anticipated biggest obstacle. Overlanders can potentially be delayed here for weeks and you can forget about trying to do this crossing on your own. To facilitate this, we used two agents, Mazar Mahir in Sudan and Kamal Muawad in Egypt; they are the chiefs in charge there and worth the few dollars more.

Previously you had to take the ferry between Wadi Halfa and Aswan. That trip lasted 18 hours. Now the border is open. You cross the Nile to Adu Simbel by ferry and then take the road to Aswan.

Lady Luck was smiling at us, because the road was to be opened officially the next day, and ministers and other dignitaries were about to arrive for the ceremony. They locked the gates behind us and started arranging chairs and setting up marquee tents. When the men arrived in their Land Cruisers with their stiff legs and smart suits, they glanced in our direction once, barked a few instructions and off we went. It took us 2 hours and 10 minutes to get into Egypt. This must be some kind of record.

This is an emotional moment for us: The tenth and final country on our journey. We have nearly reached our goal.

We book in at the Nubian Guesthouse in Abu Simbel. Our overland friends, Nick and Gillian Waterson from East London, who are travelling a few days ahead of us to go to Cyprus to pick up their yacht on which they plan to sail around the world, organized the cold beers which are waiting for us when we arrive. They were extremely valuable on this trip. As we were travelling, they communicated with us via SMS about which routes to take, where to stay, which border posts were open, etc.

Overlanders are dependent on one another and it is only when you travel on your own in such distant places that you realize exactly what this kind of support means to you.

 


3 thoughts on “Dag 68 Wadi Halfa Sudan na Abu Simbel Egipte”

  1. Wonderlik om te hoor als loop steeds so mooi.
    Mens het mos maar net soveel beheer
    en die res is genade!! Welgedaan aan
    die Egiptiese Kapenaars.
    Veilig voortreis!

  2. Julle het dit gemaak en die laaste doelwit is voor julle. Mense, veels geluk en geniet die land met sy mense en tradisies. Veilg oor die pad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand