Dag 7&8 Maun tot Shakawe Botswana

Het vorige aand oorgebly in Audi camp, bly nog maar die beste oornag kamp in Maun waar die meeste overlanders saamkom- en natuurlik Rileys , n hotel en pitstop van die vroegste tye toe Maun nog n wilde plek was .Ry al met die pansteel van die Okavango swamps aan die oostelike deel op tot by Shakawe lodge en slaan kamp op op die oewers van die Okavango .Seekoeie gee ons kompetisie die nag oor wie kan die hardste snork – visarende roep en seekoeie wei in die kampplek.Gaan vanmiddag op n bootrit op die kanale – die Okavango kom van die berge in Angola en loop dood in die sand by Maun en vorm n groot delta , die Okavango swamps. Vroeer was dit verbind met die Kwando ,Zambezi, lake Ngami , Savuti maar aard verskuiwings duisende jare terug het veroorsaak dat die verbindings verbreek is .


One thought on “Dag 7&8 Maun tot Shakawe Botswana”

  1. Hi Kobus,Hetta, Charl en Susan. Alles klink fantasties. Bly om te sien die manne bederf die dames. Wie het toe die snork kompetisie gewen ? Sit meer nuus op !! Groete en geniet die trip. Liefde Gerrie & Friedl.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand