Dag 76 Alexandria Egipte

Hetta verjaar! Wat ‘n voorreg om haar van ‘n jong meisie met kamp uit n Mazda 323 se bak, tot ‘n jong moeder met ons eerste 4×4 Hilux bakkie met die kinders in Botswana tot vandag se Cape to Cairo aan jou sy te he.

Spandeer die heel dag om die bakkies te verskeep. Ons sit van 9:30 tot 16:30 in die hawe. Capt. Shaker van Trust Shipping hanteer alles en gaan uit sy pad om ons te help. Dan is die bakkies in die skeepshouer, hoop ons sien hulle weer oor ‘n maand in die Kaap. Alexandria is gebou deur Alexander, die Groote 300 jaar BC. Almal wat die stad besoek het, moes ‘n boek skenk vir die biblioteek.

Die aand vier ons Hetta se verjaarsdag met ‘n Arabiese aand en musiek op die dak van die hotel. Ons kyk uit op die meditereense see, die liggies van Alexandria en die Citadel (fort) in die verte. Sing vir my ‘n lied, my beminde, sing vir my ‘n lied van verre lande….

It is Hettas birthday! What a privilege to have her by my side – since her days of as a young woman camping out of the back of a Mazda 323, to a young mother with our first Toyota Hilux bakkie with the kids – to todays Cape to Cairo.
We spend the whole day shipping the bakkies. We are in the harbor from 9:30 to 16:30. Captain Shaker of the Trust Shipping Company deals with everything and goes out of his way to help us.
Then the bakkies are in the shipping container, we hope to see them again in a months time in Cape Town.
Alexandria was built by Alexander the Great, in 300 B.C. All visitors to the city had to donate a book to the library.


2 thoughts on “Dag 76 Alexandria Egipte”

  1. Baie geluk met Hetta se bday en die suksesvolle voltooiing van n droom. Kan nie glo dat die tyd so vinnig verby gegaan het nie. Baie bly dat alles so suksesvol afgeloop het en kan nie wag om van al die wedervaringe te hoor en die fotos te sien nie. Verlang na julle!!

  2. Baie geluk aan julle 4 met die verwesenliking van hierdie groot droom! Dit was ‘n voorreg om saam met julle te kon toer. Hetta, baie geluk met jou verjaarsdag. Met so ‘n romantiese man aan jou sy, wag daar beslis nog baie wonderlike avonture op jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand