Dag 77 Alexandria na Cairo

Captain Shaker doen vir ons moeite en kom haal ons by die Hotel en gaan wys ons die Citadel, ou Alexandria met die visserbote en die biblioteek. Dan gaan laai hy ons by die bus af en ry nie voor hy sien ons is op pad nie. Hy is een van vele mense op ons reis wat uit hul pad gegaan het om ons te help. Regdeur Afrika was hulle daar.

Die bakkies is in die boothouer en ons ry bus Kairo toe. Kairo het 30 miljoen mense en die verkeer is berug. Hulle toet sonder ophou en die plek is maar vuil. Regdeur Egipte sit net die mans en suig aan die bubblypype en drink Turkse koffie in die kuierplekke. Dit is lekker koffie, so klein sterk enetjie. Die arme vrouens is maar in die agtergrond.

Besoek die Giza piramides, 4500 jaar oud. Ry perdekar en kameel tussen die piramides. Jammer ‘n mens kan nie meer tot bo klim nie, sal nogal lekker gewees het om soos Jack Nicholsen en Morgan Freeman in ‘The Bucket list’ bo-op die top te sit met ons vier en die wapperende SA vlag.

Captain Shaker picks us up from the hotel and takes us to the Citadel, old Alexandria with its fishing boats and the library. Afterwards he drops us at the hotel and does not leave until we are on our way.
He was one of the many people on our journey who went out of his way to assist us. We encountered them all the way through Africa.
The bakkies are in the container and we take the bus to Cairo. Cairo is home to 30 million people and the place is notorious for its traffic. The cars hoot non-stop and the place is dirty. All over Egypt the men sit and drag on their hubbly-bubbly pipes and drink Turkish coffee in little cafes. It is aromatic, strong coffee and the poor women remain in the background.
We visit the Giza pyramids, 4500 years old. Ride on a horse cart and on camels amongst the pyramids. It is a pity we cannot climb to the top any longer; it would have been quite an experience to sit at the top with an SA flag flapping in the wind ala Jack Nicholson and Morgan Freeman in The Bucket List.


One thought on “Dag 77 Alexandria na Cairo”

  1. Daar is julle, ry perd en kameel tussen Giza se 4500 jaar oud piramides. Oor die lengte van Afrika le julle bande se spore, julle voetspore en die vriendskap van mense. ‘n Droom het waar geword. Welgedaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand