Dag 9 Shakawe Botswana na Livingstone ,Zambia

Na n nag van geen slaap, die heelnag het die Afrika tromme gespeel, tot sonopkoms.Heeltyd dieselfde ritme – hulle gaan in n trance,blykbaar om die bose geeste te verdryf.Vandag 11 ure gery aan 500 km deur Mohembe grenspos – in Namibia, deur die Caprivi strook in na Zambia by Sheseke. Caprivi strook is pragtig groen,hier het ek 40 jaar terug 3 maande in die bos rondgehol .Baie bek en klou seer stoppe, spuit die bakkies, ons skoene moet op matjies gedoop word, ons is maar bly hulle spuit net die kloue en nie in ons bekke nie! As ons stop ,bestorm die beeste die bakkies en lek hulle die bande .Botswana/Namibia grenspos was gou. maar in na Zambia het ons amper R1000 gekos – en baie deurmekaar.Bly vannaand in Livingstone by Maramba lodge ,more na Lusaka. Ons is al lus vir die onbekende


3 thoughts on “Dag 9 Shakawe Botswana na Livingstone ,Zambia”

  1. Bly om te verneem dit gaan nog voor die wind, nieteenstaande die klein jakkalsies. Is daar nie n spreekwoord wat lui ” In Rome maak jy soos die Romeine….wat van in Afrika (lees, kampplek waar die tromme heelnag trom) maak jy soos die Afrikane! Sal nogals n gesig wees om Charl daar te sien dans! Geniet die rit!

  2. Lyk my dinge gaan darem nog voor die wind…alles nog OK die kant ook. Geniet dit en sit daar n paar fotos op sodat ons ook kan sien hoe lyk dit daar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand