Ons maak seker ons aandetes is gesond en lekker en eet sommer by kerslig. Hetta sorg vir die interessante groentedisse en Susan vir die slaai. Vandag was wasdag almal se klerekaste is nou weer vol skoonklere. Ons parfuum het ons by die huis gelos en die nuutste parfuum is peaceful sleep. Die toer sover is ‘n belewenis die manne bederf ons en ons is dankbaar alles verloop goed.
Mooi Hetta! Bly jy sorg vir die gesonde deel…..julle moet lekker kuier!
dit klink al te heerlik!
Julle moet dit geniet, Kobus en Charl, die plek is nie dieselfde sonder julle nie! dis al wat ek sal se oor werk!
Dit klink asof julle omtrent die ervaring van n leeftyd het.
as jul kan, sit so bietjie meer fotos op.
veilig bly.