Dag 34 Gorillas in the mist !

Groot opgewondenheid vir ons eie “Gorillas in the mist” oomblik! Die gidse gee ons ‘n briefing, dan vertrek ons, maar eers moet ons berg op met die bakkies, dis steil , ons is in donkierat , ons gly, oor klippe en deur modder en kindertjies hardloop agterna , hulle stoot die bakkies, loer in die kant spieeltjie, dan moet mens nog konsentreer ook, want as jy afgly is jy in groot moelikheid.

Ons begin stap vir so twee ure, die weer is mooi en nie lank nie toe hoor ons die brom geluide. Die gidse maak n geluid soos keel skoonmaak om hulle gerus te stel en dan sien ons hulle. Veertien gorillas le in die son besig met hul social moment van die dag, ons is by hulle, ‘n meter of twee. Die ou silverback, sy vrouens en kleintjies. Nou gaan ek maar vir die vrouens vra om verder te blog, vir hulle was dit n groter emosionele ervaring. Hetta en Susan se: “Ou mamma sit en slaap in die son, die kleintjies gewaar n padda en dit veroorsaak groot belangstelling by die hele groep totdat ou Silverback kom kyk en se alles is in orde. Die vyfjarige slaan die heeltyd op sy bors asof hy wil wys hy gaan ook in Pa se voetspore volg. Ons neem vervaard fotos, so bang die oomblik gaan verby. Later los jy die kamera en drink elke oomblik in.”

Vetrek later na Lake Kivu, ‘n pragtige meer tussen die berge. Die onderste helfte van die water is n mengsel van metaangas wat hulle ontgin. Hoop maar nie die meer ontplof as ons braai of n glips kry nie. Ontmoet n Kanadese paartjie wat van Cairo af deurkom, hulle braai saam (deel maar ons skaars skaaptjoppies en wyn) en kry waardevolle inligting oor die pad verder, veral Sudan en Ethopia.

Big excitement as we are about to embark on our own Gorillas in the mist experience! We are briefed by the guides and we depart.

First we have to go up the mountain with the bakkies. It is a steep rise, we are in lowest gear, we slip, bounce over the rocks and through the mud. The kids run after us, pushing the vehicles, they look into the side-mirrors and then you have to concentrate on what you are doing too, because it you should lose your traction there, you will be in a lot of trouble.

We set out and walk for about two hours; the weather is not pleasant and before long we hear soft throaty mumbling sounds. The guides make a sound as if they are clearing their throat to reassure them and then we see them: Fourteen gorillas lying in the sun enjoying their social moment of the day. We are right next to them: one or two meters away from them, the Silverback, his wives and babies.

Here I hand the writing over to the ladies, because the experience was far more emotional for them.

Hetta and Susan said: Big mama is dozing in the sun, the kiddies spot a toad and it becomes the source of major curiosity for the whole group ? until the Silverback comes to take a look to ensure that everything is in order.

The five-year old beats his chest continuously as if to demonstrate that he will follow in his dads footsteps. We hurriedly take photographs, too scared that the moment will pass.

Later you put down the camera and just immerse yourself in each moment.

Later we set off to Lake Kivu, a beautiful lake in the mountains. The lower level of the water is a mixture of methane gas which is extracted from a depth of 300 metres. I hope the lake does not explode when we have a braai or answer the call of nature.

We meet a couple from Canada on their way from Cairo and we share our precious lamb chops and wine, and in the process we obtain valuable information on the road ahead, especially Sudan and Ethiopia.

 


2 thoughts on “Dag 34 Gorillas in the mist !”

  1. Ek lees julle reis soos n sepie! Kan nie wag vir die volgende episode nie! Geniet elke sekonde!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand