Dag 13 Katanka na Kapishy Zambia

Gaan eers die Bangweulu swamps in op soek na waar Livingstone se hart onder n boom begrawe is. Ry tussen riete en water .Die plaaslike bevolking wys ons waar hy gesterf het. Sy twee getroue helpers het sy ingewande uitgehaal, sy hart onder n boom begrawe, hom opgestop met gras en sy liggaam vir 1600 km tot in Bagamoyo langs Dar es Salaam gedra. Vandaar is hy per skip na England waar hy in Westminster Abby begrawe is. Dit was nogal n belewenis want ons het al by beide grafte gestaan .

Ry tot by Kapishy warm waterbronne – Hierdie is n moet oorbly plek vir twee dae.Die plante groei lyk soos by die Natalse kus – dit is groen verby met die mooiste plante en blomme. Die Harpers bedryf n groot plaas hier en die lodge – ou koloniale styl.


One thought on “Dag 13 Katanka na Kapishy Zambia”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand