Zambia

Zambia is n wonderlike land vir vakansie. ‘n Mens kan dit n vakansie bestemming op sy eie maak. Dit is n pragtige land met ongelooflike natuurskoon. Vriendelike mense, almal laat jou tuis voel, en jy moet eers behoorlik groet, Hallo, How are you, I am fine , thank you, how are you, my name is … en so gaan dit aan. Dan kom jy eers by wat jy wil vra. Ons voel heeltyd baie veilig, elke tweede vrou en jong meisie loop met n baba op die rug, aan die bors of in die maag. Vroue dra mooi kleurvolle lappe. In landelike gebiede lyk mense baie arm, maar in stede lyk hul meer welaf. Orals verkoop vroue hul produkte soos tamaties, aartappels, mielies, sampioene, piesangs. Die mans sit soos in die Bybel vereis, in die poorte ( onder bome) en bespreek belangrike sake. Die mense , taxis, bestuurders is baie geduldig en hoflike bestuurders.Die mense is baie hulpvaardig en almal help ons.


One thought on “Zambia”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright 2015 Paarl to Pyramids | Edit & SEO by Emile Brand